Wees ‘n digitale sendeling!
Die Vastyd begin oor ‘n week. Hierdie heilige seisoen nooi gelowiges uit om bewustelik die pas verslap, te reflekteer en om hul verhouding met Christus te verdiep. Met die tyd van gebed, vas en liefdesdiens wat vinnig nader kom, word gelowiges aangemoedig om hul harte voor te berei en om na te dink oor hoe hulle vanjaar, die Vastyd, met groter doelgerigtheid kan omhels.
Terugvoer wat ons ontvang wys dat AfrikaansKatoliek ‘n kragtige impak op mense se geloofsreise het. Soos een van ons gereelde gebruikers, Jill sê , het alles (haar begrip en insig) vir haar begin verander vandat sy AfrikaansKatoliek ontdek het. Sy vind dit wonderlik om die feite en die inligting in Afrikaans te kan verorber en te kan hoor. En sy kan nog skaars glo dat daar Afrikaanssprekende Katolieke bestaan!
Reaksie soos Jill s’n raak die hart van AfrikaansKatoliek se missie: om die skoonheid, rykdom en waarheid van die Katolieke Geloofserfenis te verkondig op ‘n wyse wat harte bereik, begrip verdiep en bekering uitnooi.
AfrikaansKatoliek is waar jy daagliks inspirasie in Afrikaans sal vind om jou geloof dieper te lewe en te leef.
Besoek ons webblad en ontdek afdelings toegewy aan onder andere:
- Seisoene en Feeste van die Liturgiese Jaar
- Sakramente
- Devosies en Gebed
- Heiliges
- Kategese
- Musiek & Gesang
- Bronmatriaal
- Maandelikse Gebedsintensies van die Pous
Vind ons ook op Facebook, Instagram, Threads en YouTube
Help meer gelowiges om die skoonheid en rykdom van die Katolieke Geloofserfenis te ontdek en deel ons werk met hulle.
Met seënwense, die Afrikaans Katolieke-span.

